RIETBRON NUUS - Sr. Maria Rex van Rietbron-kliniek sê dat dié klein plattelandse kliniek vanaf 20 November tot 1 Desember huisbesoeke in die onderskeie woonbuurte gaan aflê.
Tydens hierdie uitreikaksie gaan inwoners se bloeddruk en bloedsuikervlakke gemonitor word.
Daar gaan ook omgesien word na die emosionele en geestelike welstand van die gemeenskap.
Inwoners sal ook toegang hê tot TB- en HIV-toetse. Die uitreikaksie loop ten einde op 1 Desember, wanneer Wêreldvigsdag gevier sal word.
"Ons word met ope hande by tuistes verwelkom en die publiek dra ons regtig op die hande. Ons is ook dankbaar teenoor plaaslike besighede wat ons bederf met koeldrank en snoephappies," sê Rex.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’