GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Hoër Volkskool se jaarlikse kleure-swemgala het verlede week plaasgevind in die skool se eie onderdak fasiliteit.
Tydens dié geleentheid is die stryd weereens aangesê tussen Handhaaf en Werda.
Tydens die gala was daar 'n paar baie goeie eerste plekke behaal deur die volgende swemmers:
Lunen Laubscher kom eerste in die Seuns O.19 100m-borsslag.
Ilke Marx behaal 'n eerste plek in die Dogters Ope 200m-kruipslag. Dillon Stannard is eerste in die Seuns O.16 50m-kruipslag.
Victor Dercksen, 'n Graad 8-leerling, behaal ook 'n eerste plek in die Seuns O.14 50m-kruipslag - hy noem dat hy sy eerste kleuregala by Hoër Volkskool baie geniet het.
Marichen Piek, Graad 12-leerling en hoofmeisie, behaal drie goeie eerste plekke in die Dogters O.19 50m-kruipslag en 100m-kruipslag en die 4 x 25m individuele wisselslag (ope).
Marlien Crewe-Brown het deelgeneem in die Dogters O.16 afdeling. Sy behaal eerste plekke in die volgende items: 4 x 50m individuele wisselslag (ope), 100m-kruipslag, 4 x 25m individuele wisselslag, 50m-rugslag en 50m-kruipslag.
Sy stel nuwe rekords op in die 100m-borsslag, 50m-borsslag en 50m-vlinderslag. Vir dié rits prestasies ontvang sy die Victrix Ludroum-beker vir die beste dogter-swemmer op die dag.
(Die rekord vir die 100m-borsslag het behoort aan Ernsl Conradie, wat hierdie rekord in 2004 opgestel het.)
Llewellyn Crewe-Brown het deelgeneem in die Seuns O.19 afdeling. Hy stel rekords op in die volgende items: die 200m-rugslag wat hy verbeter met 17 sekondes, 100m-kruipslag, 100m-rugslag, 4 x 25m individuele wisselslag, 50m-rugslag, 50m-borsslag en die 50m-vlinderslag.
Hy kom ook eerste in die 50m-kruipslag, maar mis ongelukkig die rekord met 0.8 sekondes. Die rekord behoort steeds aan Henk Mentz. Wat hierdie item baie spesiaal gemaak het, is dat Henk self by die swembad was om te kyk of Llewellyn wel sy rekord kon breek of nie.
Met hierdie uitstekende uitslae is Llewellyn aangewys as die Victor Ludorum vir die beste seun-swemmer op die dag.
Llewellyn Crewe-Brown en Henk Mentz. Henk se rekord in die 50m-kruipslag was net buite Llewellyn se bereik. Henk het die rekord in 1988 opgestel, toe hy by Hoër Volkskool in matriek was - 31 jaar gelede.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'