HOFMEYR NUUS - "Ons is oorweldig deur die groot aantal 'studente' wat geregistreer het om basiese rekenaaropleiding te doen. Die ouderdom van 'studente' wissel van 19-jarige skoolverlaters wat einde 2021 gematrikuleer het, tot en met persone wat reeds in 1976 gebore is."
So sê Mariaan Schoeman, opleidings-koördineerder van die vaardigheids-ontwikkelingsinstansie, Hofmeyr Hugs of Hope.
"Altesaam 40 persone het geregistreer vir die opleiding wat deur Bongi Ndakise van die Kwenzekile-gemeen-skapsontwikkelingssentrum in Tsolo, gefasiliteer word. Studente word verplig om vir drie uur elke dag intensiewe opleiding by te woon, en hulle kry ook huiswerk.
"Kwenzekile voorsien die rekenaars, terwyl Hugs of Hope verantwoordelik is vir die verblyf van opleidingspersoneel en ook die lokaal met toerusting voorsien."
Volgens Ndakise is daar op die platteland 'n behoefte aan basiese rekenaaropleiding.
"Hoewel dit gemeenskappe gaan bevoordeel, is daar bitter min gemeen-skapsontwikkelingsinstansies, wat hierdie tipe opleiding kan finansier. Opleiding in Hofmeyr is deur Ikhala Trust bewillig, aangesien Hofmeyr Hugs of Hope as 'n vennoot by die instansie betrokke is.
Soortgelyke opleiding word vir Augustus in Cradock, by die Vukasebenze-skuiling beplan en belangstellendes kan daar gaan registreer." Vir meer inligting WhatsApp na 083 305 0224.
Bongi Ndkasi van die Kwenzekile-gemeen-skapsontwikkelingsorganisasie in Tsolo, fasiliteer basiese rekenaaropleiding in Hofmeyr. Foto's: Teresa Opperman
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'