GRAAFF-REINET NUUS - Die ystervarkpenhuisie wat tans by die Graaff-Reinet Museumkompleks se Reinethuis te siene is, lok mense van oor die wêreld heen.
JF Joubert, wat die ystervarkpenhuisie gebou het, het in Graaff-Reinet gewoon en was getroud met Magdalena Johanna Groenewald.
Hy en sy broer was transportryers wat ware van en na Port-Elizabeth vervoer het.
Terwyl hy as klerk gewerk het, het hy die idee gekry om ‘n ystervarkpenhuisie te bou. In daardie dae was die ystervarke volop en die boere het hom van penne voorsien.
Hy het 40 000 spelde gebruik om die huisie te bou.
Die huisie het 52 vensters, almal met gordyntjies. Sy kleindogter Riana Rolfe en haar dogters het onlangs die museum besoek.
* Die inligting het eers op die Graaff-Reinet Museum se Facebookblad verskyn.
JF Joubert 1834 – 1907
JF Joubert se kleindogter, Riana Rolfe, en haar dogters het onlangs die Reinethuis besoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'