Update
GRAAFF-REINET NUUS - ReCollection Rides is 'n motormuseum in Kollegeweg, Graaff-Reinet.
Dié museum bied besoekers 'n spesiale geleentheid om terug te kyk na amper 'n eeu se motorgeskiedenis met 'n unieke en opwindende versameling voertuie, motorfietse, speelgoedkarretjies en memorabilia.
Die museum is deur die bekende plaaslike afgetrede sakeman en veteraanmotor-geesdriftige, Hannes van Jaarsveld, gestig. Dit het begin met sy persoonlike versameling van 43 motors.
Buiten motors, is daar ook motorfietse, 'n versameling speelgoedkarretjies en 'n koffiewinkel wat die museum se 1 350 m² volstaan.
Sy belangstelling in klassieke motors het ook oorgespoel na sy seuns Morné, Marco en Johan, wat ook tot dié versameling bygedra het.
Tussen die drie broers en hul pa is daar gesorg dat dié versameling motorvoertuie van elke soort en styl behels.
Die skaarsste motor onder al die rygoed is 'n blou 1940 Buick 41C Convertible waarvan daar slegs 542 in 1940 vervaardig is. Dit is die enigste een in Suid-Afrika.
Verder is die oudste voertuig in die versameling, 'n 1922 Wolseley E3 Doctor's Coupé.
Veteraanmotor-geesdriftige Hannes van Jaarsveld by die motormuseum se oudste ryding, 'n 1922 Wolseley E3 Doctor's Coupé.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'