GRAAFF-REINET NUUS - DA-raadslid vir wyk 14, Joy Williams, het kaalvuis ingeklim onder munisipale amptenare oor haar wyk waar vullis nie verwyder word nie.
"Die opeenhoping van elke dag se vullis is 'n groot kopseer. Ek het al talle versoeke gerig en die munisipale bestuurder, dr. Eddie Rankwana se drempel deurgetrap. Hy het my elke keur verseker hy sal onmiddelik stappe neem om die vullis te laat verwyder."
Williams sê verder: "As ek die beloftes met die munisipale bestuurder opvolg, dan verseker hy my daar word aan 'n plan gewerk."
Volgens Williams werk die munisipaliteit al vir die afgelope jaar aan 'n plan, maar niks gebeur in haar wyk nie. "Die toestand vererger net. Dis so erg dat die huisvullis al in strate rondwaai. Ek voel dit is persoonlike sabotasie en 'n gesondheidsrisiko. Die gemeenskap ly onder wanbestuur. Hulle spandeer net tyd op hulle eie persoonlike sake en ignoreer dienslewering."
Williams sê sy het al probeer om te hoor of bekende sakemanne nie kan help nie, want die munisipaliteit sê daar is nie genoeg hande nie en die voertuie is stukkend. Sy vra wat gebeur het sedert 2014 toe Graaff-Reinet die skoonste dorp was.
"Ek oorweeg dit om die groen skerpioene te nader om die swak dienslewering aan te spreek deur middel van wetstoepasing. Ek sal aanhou stry vir skoner en gesonder toestande in my wyk en pleit by die gemeenskap om dop te hou wie vullis strooi, sodat daar opgetree kan word.
Sy verwelkom enige hulp en raad en kan gekontak word by 071 335 7942.
Rommel is op verskeie plekke in die dorp gestrooi.
Dr Beyers Naude Municipality comments:
All Councillors are aware of the financial situation of the Municipality and the issue of refuse has been discussed at many platforms - even at the special extended community services meeting.
The municipality is currently trying its best to clean the areas with one loader and one truck. It is communicated with the ward councilors where cleaning will take place and unfortunately all areas cannot be attended to at the same time.
There is an action plan in place that all councilors have a copy of.
It should be noted that in 2014, when the Camdeboo Municipality received the cleanest town award, it was a much smaller area that needed to be covered. With the amalgamation, Dr Beyers Naude Municipality is much larger in size and the vehicles are being used by all areas. It must also be added that some of the vehicles are old and require replacement.
As a result there are continuous breakages that hamper service delivery.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'