Update
ABERDEEN NUUS - Op 9 Januarie om 23:05 ongeveer 17km buite Aberdeen op die R61-pad tussen díe dorp en Beaufort-Wes, het nóg 'n ongeluk die lewe van een persoon geëis. Verskeie voertuie was betrokke in die botsing met 'n stilstaande bus.
Na bewering het een van die bus se bande onklaar geraak op pad na Aberdeen.
Die bestuurder van die bus was besig om die band te ruil en die slagoffer, een van die passasiers, het agter die bus gaan staan om aankomende verkeer te probeer waarsku en te reguleer.
Die bestuurder van 'n bakkie wat 'n ander voertuig gesleep het vanaf Beaufort-Wes, het beheer oor die bakkie verloor en het trompop gebots met 'n aankomende motor vanaf Aberdeen.
Die stilstaande bus is direk van agter getref deur die voertuig wat gesleep is.
Die passasier agter die bus is noodlottig beseer. 'n Saak van strafbare manslag is geopen.
Vorige artikel: R61: Nóg 'n Slagoffer
Die wrak van die bakkie.
'Ons bring jou die nuuste Aberdeen, Karoo nuus'