Video
HOFMEYR NUUS EN VIDEO'S - Twee boere uit Hofmeyr het die afgelope week dié bekende grondpadroete herstel nadat swaar verkeer die afgelope vakansie daaroor beweeg het.
Cobus du Pisani en Danie du Pisani het hul eie masjinerie gebruik om die werk te doen, en hul plaaswerkers was ook behulpsaam.
"Groot skade word aan dié padoppervlakte gedoen na swaar reënbuie. Herstelwerk moes dringend gedoen word voordat ouers volgende week hul kinders terugvervoer na skole," deel Cobus du Pisani mee. "Die laaste herstelwerk is vanoggend, 14 Januarie, afgehandel."
Lees meer in Graaff Reinet Advertiser .
VIDEO - Herstelwerk aan pad klaar.
VIDEO - Twee boere herstel bekende grondpadroete.
'Ons bring jou die nuuste Hofmeyr, Karoo nuus'