OPVOLG: "Betogers is uiteen nadat die polisie ingegryp het, en die kontrakteurs suksesvolle samesprekings met hulle kon voer," so sê Shaun Vermaak, nuut aangestelde residensiële ingenieur. Normale stop-en-ry verkeersvloei gaan voort.
CRADOCK NUUS - Die R390 pad, tussen Cradock en Hofmeyr by die Grassridge afrit, word tans met klippe gepak deur ongelukkige inwoners van Cradock en Hofmeyr.
Hulle is in opstand omdat daar volgens hulle nie meer plaaslike aanstelings vir die opgraderings-projek van dié pad gemaak word nie.
Die Cradock-polisie is tans op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’