GRAAFF-REINET NUUS - Laasmaand het die personeel van Narsingstraat Publieke skool `n spesiale spanbou aktiwiteit gehou.
Die dag is geopen met skriflesing en gebed deur ds. P. Gysman van die Vereenigende Gereformeerde Kerk in Kroonvale. Daarna is die groep toegespreek deur F.M. Madikanie van korrektiewe dienste, waarna `n insiggewende self-verdedigings praatjie deur J. Coetzer gevolg het.
Nadat die formaliteite afgehandel is het die personeel, wat in twee spanne verdeel is, aan verskeie items soos toutrek en driebeen-loop deelgeneem.
Die twee spanne, Pinky and the Gang en The Yellow Birds, het mekaar behoorlik die stryd aangesê, Almal het hul bes gedoen, maar The Yellow Birds was die oorwinnaars.
"Die dag het in `n goeie gees afgeloop en almal het gretig deelgeneem," het die skool gesê.
"Die skoolhoof en personeel bedank graag almal wat deelgeneem het, veral ons gaste wat bereid was om `n gedeelte van hul dag op te offer."
Pinky and the Gang hard aan die werk om teen The Yellow Birds te wen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'