Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die winter veroorsaak elke jaar dat die nood onder die armes in die gemeenskap drasties styg.
Met dit in gedagte, het Hoër en Laer Volkskool se Landsdieners, soos hul jaarliks doen, wéér ‘n baie geslaagde sopprojek gehou.
Die bydraes en reaksie van die twee skole se ouers het die al die organiseerders se verwagtinge oortref.
Meer as 200 liter sop en 150 brode kon uitgedeel word.
Die skole bedank graag ieder en elk wat ‘n bydrae gelewer het.
Die skole bedank graag ieder en elk wat ‘n bydrae gelewer het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'