GRAAFF-REINET NUUS - “Die Graaff-Reinet Poskantoor is gesluit tot verdere kennisgewing,” so lees ‘n kennisgewing wat op 'n ruit van die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit geplak is.
Vuyisa Jantjies, woordvoerder van die munisipaliteit, sê dat hulle ook nie weet waarom die deure van die Poskantoor gesluit is nie, maar dat daar vermoed word dat dit te doen het met die regering se besluit om verskeie poskantore regoor die land te sluit.
Volgens Jantjies sal die plaaslike burgemeester, Willem Safers en die Sarah Baartman-distriks munisipale burgemeester, Deon de Vos, Maandag vergader om agter die kap van die byl te kom rakende die sluiting van dié instansie en ook om te kyk of die fasiliteit weer moontlik heropen kan word.
Jantjies versoek inwoners om voortaan alle munisipale rekeninge by enige finansiële kantoor van dié munisiapliteit aan te vra.
Inwoners wat verkies om hulle rekening elektronies deur e-pos of sms te ontvang, kan die verandering ook by dié finansiële kantore aanbring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’