GRAAF-REINET NUUS - Volgens die Merino Posduifklub het woeste winde van die ooste laas naweek gesorg vir 'n moeilike wedvlug.
"Die manne het gesukkel om duiwe te kry as gevolg van dié winde," het die klub aan die Advertiser gesê. Ten spyte van die moeilike omstandighede, het George du Plessis dit reggekry om die Jaaroud-afdeling te wen. Eugene Mackelina het weer in die Ope-afdeling gesorg dat die goud huis toe kom.
Die volle uitslae is as volg:
Leeu Gamka 2 OPE
Eugeune Mackelina : 1,5. Oswald van Gent : 2,4,7,12. JR Marais : 3,8,9,11,15. Anton Everson : 6. David Hampton : 13,14. George du Plessis : 10.
Leeu Gamka 1 JO
George du Plessis : 1,3. Oswald van Gent : 2,9. David Hampton : 4,11,14 JR Marais :5,6,10,12,13.. Eugene Mackelina : 8,15. Anton Everson : 7.
Sakemans Wedvlug
Wenner: Mesh & Steel
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'