NIEU-BETHESDA NUUS - Instansies van Nieu-Bethesda is onlangs deur Albie en dr. Trudi Basson van die Maranatha Straatwerkers Trust opgelei om Persona Poppe te gebruik om kinders te help.
CMR, Vuyani CYCC, Victim Support Centre, personeel van Lettie de Klerk Laerskool, sowel as gemeenskapswerkers van Maranatha, Nieu-Bethesda, het tydens 'n drie-dag kursus geleer hoe om dié poppe te gebruik om met kinders te kommunikeer oor moeilike onderwerpe.
Volgens die Bassons word Persona Poppe regoor die wêreld te gebruik. Die poppe is 'n nie-dreigende manier om gesprekke oor die dood, egskeiding en boelies (om 'n paar onderwerpe te noem) te begin.
"Elke instansie het ook poppe ontvang," het Albie aan die Advertiser gesê. "[Hierdie instansies] moet teen volgende jaar verslae indien oor hoe hulle hulp verleen het aan kinders [deur middel van die poppe]."
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'