GRAAFF-REINET NUUS – Laerskool Susannah Fourie in Despatch het die pas afgelope Saterdag, 19 Mei, ‘n interskole-boogskietkompetisie aangebied.
Drie-en-tagtig boogskutters verbonde aan skole in Oos Londen, Port-Alfred, Uitenhage en Graaff-Reinet het daaraan deelgeneem.
Die skuts van Hoër Volkskool, Union High School en Laer Volkskool het uitstekend presteer.
- Gideon Muller van Hoër Volkskool het sy eerste 50/50 op die 10m Bullseye-kompetisie geskiet;
- Laer Volkskool-leerder Casper Bekker het die derde plek opgeraap in die Junior Seuns Bullseye-kompetisie en;
- Annelou van der Mescht, ook van Hoër Volkskool, het die derde plek in die Senior Dogters Bullseye-kompetisie verower.
Dié skuts se volgende kragmeting is die WildCrete 3D-uitdaging in Uitenhage op 23 Junie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'