GRAAFF-REINET NUUS - Jorinda Gouws, tesourier van Hoër Volkskool se ATKV-jeugtak, die Volksmond, het onlangs dié skool by ’n ATKV-vergadering te Klein Kariba verteenwoordig.
Gouws het 'n prys namens die plaaslike tak ontvang vir die tak wat die meeste bydra tot onderwys in die Noord-Oos Kaap.
“Hierdie vergadering word bygewoon deur verteenwoordigers van regoor die land, insluitende Namibië,” het ’n verteenwoordiger van die skool gesê. “Die hooftema van die vergadering was om saam te staan om ons geboortetaal voort te bou.”
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'