GRAAFF-REINET NUUS - 'n Twee-jarige peuter is vanoggend (Vrydag) kort na 3vm dood toe die motor waarin hy was gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 30km buite Graaff-Reinet in die rigting van Aberdeen plaasgevind.
Twee volwassenes is na die Midland Hospitaal gehaas.
Die peuter het op die toneel gesterf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'