GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Sondag, 11 November, het Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool, en Ashley Arnolds, die skool se onder-hoofseun, die herdenkingsdiens ter nagedagtenis aan die soldate wat hul lewe ten tyde van die Eerste en Twee Wêreldoorlog in die diens van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) opgeoffer het, by die St James Anglikaanse Kerk in Graaff-Reinet bygewoon.
Dié jaar se geleentheid was baie spesiaal aangesien dit Sondag die 100ste herdenking van Vredesdag, ook bekend as Papawerdag, ná die beëindiging van die Eerste Wêreld-oorlog was.
Die leiers het dan ook deelgeneem aan ‘n kranslegging.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'