ABERDEEN NUUS - Onsigbare padtekens was een van die probleme wat die Aberdeen-gemeenskap dwars in die krop gesteek het.
Volgens Riaan van Heerden VF Plus-raadslid in die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit en Sarah Baartman-distrik, is dit vir hom baie belangrik dat padreëls gevolg moet word om sodoende die risiko van ongelukke te verminder.
Van Heerden het die kwessie onder die munisipaliteit se aandag gebring waarna die munisipaliteit al die padtekens netjies oorgeverf en padveiligheid weer moontlik gemaak het vir Aberdeen se padgebruikers.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’