GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het die derde kwartaal afgeskop met drie oudskoliere aanboord as proefstudente.
Al drie studeer aan die NWU.
Elmene Killian (gematrikuleer in 2018) het Engels eerste addisioneel en geskiedenis as hoofvakke.
Karien Els (2016) se hoofvakke is lewensoriëntering en besigheidstudies, en Nadene Kuhn (2018) se hoofvakke is rekeningkunde en ekonomie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'