ASHERVILLE NUUS - Voormalige hoofseun van Asherville Sekondêr, Zaneneil Nathan Masimelo, is nou 'n gegradueerde onderwyser.
Dít, nadat hy agt onderskeidings in sy finale eksamen behaal het. Die nuwe onnie het in 2015 aan Asherville matrikuleer, en sê sy sukses sou nie moontlik wees sonder die onderwysers van sy tuisdorp nie.
"'n Spesiale dank aan Mev. Belinda Botha en Mnr. Loy Bosch," het Masimelo gesê. "Dankie ook aan die ander onnies, mag julle 'n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar hê."
'Ons bring jou die nuutste Asherville, Karoo nuus'