Update
GRAAFF-REINET NUUS - Sewe mense, waarvan twee kinders, is dood in 'n motorongeluk op die R61 tussen Beaufort-Wes en Aberdeen.
Volgens inligting wat die Graaff-Reinet Advertiser ontvang het, het die voertuig waarin die mense was vlamgevat met die insittendes steeds in die voertuig.
Nooddienstebeamptes het eers na die brand geblus was gesien dat daar kinders ook in die ongeluk betrokke was.
Inligting dui daarop dat die bestuurder moontlik beheer verloor het oor die voertuig na 'n rukwind die voertuig geruk het.
Die insittendes is nog steeds nie geïdentifiseer nie.
Vorige artikel: Vyf dood in brand
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'