Update
GRAAFF-REINET NUUS – Tydens die Bruinjieshoogte-ultramarathon in Somerset-Oos op Saterdag, 21 April, het die 57-jarige Japie Masimla van Graaff-Reinet 4km voor die eindstreep inmekaar gesak.
Japie - wat onmiddelik deur mediese personeel bygestaan is - het ‘n hartaanval en beroerte gehad.
Hy is dadelik na ‘n naby geleë hospitaal geneem, waarna hy na die Livingstone-hospitaal in Port-Elizabeth en toe na die provinsiale hospitaal in Uitenhage oorgeplaas is vir behandeling.
Na 'n verbete geveg om sy lewe, is Japie egter op Donderdagmiddag, 26 April, kort na 17:00 oorlede.
Elise Steynberg, 'n mede-atleet wat menige lang afstande saam met Japie aangepak het, beplan om dié Sondag, 6 Mei, 57 kilometer ter herinninerig aan Japie te hardloop.
Siende dat Japie na sy aftrede by korrektiewe dienste nie meer oor 'n mediese fonds beskik het nie, het die mediese rekeninge vir Japie se sorg tydens sy kort siekbed gestapel.
Elise hoop om deur dié 57km-tog fondse te in wat Japie se familie in dié tyd van nood kan help.
Die ondersteuning deur die gemeenskap was geweldig sedert Elise haar eerste pleidooi uitgereik het en spreek sy 'n groot woord van dank uit aan almal wat hul ondersteuning gebied het.
Enigeen wat graag ‘n donasie wil maak of as borg vir optree vir dié inisiatief word gevra om met Elise by 083 787 0236 in verbinding te tree.
Diegene wat ‘n skenking wil maak, kan geld deponeer in die volgende rekening:
- Naam: Graaff-Reinet Running Club
- First National Bank
- Takkode: 210216
- Rekening nommer: 62388583918
- Verwysing: Naam en Van
Enige fondse wat geïn word sal aan Japie se familie oorhandig word.
Lees 'n verwante artikel: Begrafnisreëlings bekend
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'