GRAAFF-REINET NUUS — Personeel van Montego Pet Nutrition in Graaff-Reinet het onlangs 'n vlak 1- en vlak 2-noodhulpkursus suksesvol voltooi.
Hulle is nou gereed om tydens enige situasie wat dit verg noodhulp toe te pas.
Die agt personeellede, Ilana Vorster, Mariza Begrie, Dennis Gertse, Shalton Masimela, Phillip Meyer, David Adams, Mark Slavers en Jason du Preez, is deur Johan Smit - 'n noodhulp fasiliteerder verbonde aan die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga - touwys gemaak.
Die noodhulpkursus het bestaan uit take, praktiese oefeninge asook 'n skriftelike noodhulpeksamen aan die einde.
"Ons het die kursus geweldig baie geniet en is nou ten volle gereed om mense in nood te help," meen Ilana Vorster. "Dit is vir enige individu 'n uitstekende kwalifikasie om te hê en ons hoop nog talle ander sal in ons voetspore volg."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'