GRAAFF-REINET NUUS - Opening of the Season het op 8 September 'n fondsinsameling vir die plaasskool, Toekomst Primêr, gehou. Die geld wat ingesamel is, is op 14 Oktober aan die skool oorhandig.
Lise Henderson het sowat 27 jaar terug die eerste fondsinsameling gehou en haar broers, Stephen en David Kinghorn, het Opening of the Season sowat vyf jaar gelede by die projek betrek.
Die Kinghorn-broers het hulle kontakte in die Kaap, wat wynplase besit, gekontak.
Verskeie bottels wyn is geskenk en 'n wynveiling is ten bate van die skool gehou.
'n Totaal van 32 lotte is opgeveil en 50 kaartjies verkoop.
Lise was destyds die skoolhoof van die skool en sy is sowat vyf jaar gelede oorlede. Haar dogter, Amy, volg tans in haar ma se voetspore en gee sy self nou by Toekomst Primêr aan ongeveer 87 leerders skool.
Volgens David is dit een van die oudste plaasskole in die omgewing en steeds operasioneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’