GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool in Graaff-Reinet se 2021 hoofleiers is onlangs aangekondig, en tweeling Jean-Louis en Mia du Plessis is onderskeidelik hoofseun en hoofdogter van dié skool.
Die Du Plessis-tweeling was in 2016 hoofleiers van Laer Volksool.
Die onderhoofdogter is Astrid Langeveldt en die onderhoofseun is Alwyn van der Merwe.
“Baie geluk en voorspoed met jul termyn,” het Suliza van Wyk namens die skool gesë. “Ons hoop dat 2021 ’n beter jaar sal wees vir hierdie leiers.”
Tweeling Jean-Louis en Mia du Plessis is onderskeidelik hoofseun en hoofdogter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'