GRAAFF- REINET NUUS - Inwoners van Willowmore versper tans die R329 tussen Willowmore en Steytlerville omdat hulle ontevrede is met die onlangse kontrakaanstellings vir padwerke.
Hulle wag nou vir die gemeenskapskakelbeampte van die munisipaliteit om hulle te kom toespreek.
Die gemeenskapskakelbeampte is glo reeds in 'n vergadering met die kontrakteurs om die situasie te bespreek. Volgens die inwoners gaan hulle die pad versper totdat daar gehoor gegee word aan hul griewe.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'