CRADOCK NUUS - 'n Ongeluk wat op 21 Februarie, omstreeks 06:30 sowat 45 km vanaf Cradock plaasgevind het, het die lewens van twee mans geëis.
Die ongeluk het plaasgevind nadat 'n vragmotor, met 'n vrag graan in die rigting van Cookhouse op pad was, en met 'n ambulans, wat in die rigting van Cradock beweeg het, in 'n botsing reg van voor betrokke was.
Die bestuurder van die trok, Barend Esterhuizen (45), sowel as Frank Ngxalambisi (45), die ambulansbestuurder, vanaf Middelburg Oos-Kaap, is op die toneel dood.
Die ambulansbeampte wat voor in die passasiersitplek gesit het, het ernstige beserings opgedoen en is vir behandeling na die Cradock-hospitaal geneem.
'n Saak van strafbare manslag is geopen en word verder ondersoek.
EMS (nooddienste) het vandag bekendgemaak dat Frank Ngxalambisi (45), van Middelburg, tydens die ongeluk oorlede het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’