GRAAFF-REINET NUUS - Die langnaweek het skaars begin en 'n motorongeluk net buite Graaff-Reinet het reeds die lewe van vier mense geëis.
Volgens Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, is vier mense dood toe die minibustaxi waarin hulle gery het Saterdagoggend met 'n vragmotor sowat 30km buite Graaff-Reinet gebots het.
"Van die 16 insittendes in die taxi is een man en drie vroue met aankoms by die Middellandse-hospitaal reeds dood verklaar", sê Kupelo.
'n Vyfde persoon is steeds in 'n kritieke toestand.
'n Volledige berig hieroor sal in volgende week se Graaff-Reinet Advertiser verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'