GRAAFF-REINET NUUS - Aandag alle ma’s en dogters: ’n spesiale oggendtee word net vir julle op Saterdag, 16 September, in Graaff-Reinet gehou.
Die oggendtee is daarop gemik om bande tussen ma en dogter te versterk.
Die oggend se tema is, 'Fokus op wat jy kan doen'.
Hierdie is werklik ’n unieke kans vir ma en dogter siende dat die inspirerende spreker Nicky Abdinor dié oggend as gasspreker sal optree - Abdinor is 'n kliniese sielkundige van Kaapstad wat sonder arms en met verkorte bene gebore is.
Saam met Abdinor sal Willemien Gibbons, 'n plaasaanval-slagoffer, almal teenwoordig toespreek.
Die geleentheid sal by die Hoër Volkskool-koshuis, Huis Cronje, se eetsaal om 10:00 die oggend plaasvind.
Kaartjies - beskikbaar by die Hoër Volkskool-kantoor - beloop R80 per persoon en sluit verversings in.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'