Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die program vir dié week se Interskole-kragmeting tussen Volkskool en Union het reeds in aanvang geneem.
Op Maandag, 6 Augustus, het die O.10 seuns- en meisies-tennisspanne kragte gemeet op Laer Volkskool se bane.
Die seunspanne van Laer Volkskool het 9 – 0 in baie winderige omstandighede geseëvier en die meisiespan van Union het die kragmeting 6 – 0 gewen.
* Vandag, Dinsdag, 7 Augustus, sal daar nog aksie op die tennisbane te bespeur wees, met die eerste en tweede junior seuns- en meises-tennisspanne wat om 14:00 by Laer Volkskool begin speel en die tweede junior seuns - en meisies-tennisspanne wat terselftertyd op Hoër Volkskool se bane sal speel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'