GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - By Hoër Volkskool se mees onlangse saalbyeenkoms, is die skool se nuwe Graad 8-leerlinge amptelik tot die skool met 'n tradisionele verwelkomingsseremonie welkom geheet.
Die Graad 8's mag tot dusver nie hul baadjies skool toe aangetrek het nie, maar by dié seremonie kon hul opstaan, 'n eed van getrouheid aflê en daarna hul baadjie met trots van hul matriekvoog in ontvangs neem.
Hoofleiers, Marichen Piek en Chris Burger, het aan elkeen 'n skoolwapen oorhandig wat hul op hul baadjies mag vertoon.
Daarna het die waarnemende skoolhoof, Theo Dörfling, elkeen welkom geheet met 'n handdruk.
Hoër Volkskool se trotse nuwe Graad 8-leerlinge wat nou die voorreg het om hul baadjies te mag dra.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'