CRADOCK NUUS - Karin Swart is sedert die begin van Februarie as skoolhoof van Cradock Voorbereidingskool aangestel.
Sy is die heel eerste oudleerder van hierdie skool wat van gr. 1 tot skoolhoof, by dié skool vorder.
Karin is in 1970 in Cradock gebore en getoë. Haar skoolloopbaan het by Cradock Voorbereidingskool begin waarna sy haar laerskooljare by Laerskool Cradock deurgebring het en uiteindelik matrikuleer sy in 1988 by Hoërskool Cradock. Van 1989 tot 1992 studeer sy onderwys by Bloemfontein Onderwyskollege en voltooi haar BEd Honneurs in 2004.
Sy is met Willem Swart getroud en het twee kinders, Johan en Lene. Lene volg in haar ma se voetspore en is tans 'n vierde jaar grondslagfase onderwysstudent. Swart sê dat sy baie dankbaar is vir die bevordering en sien daarna uit om saam met 'n wonderlike span hierdie nuwe hoofstuk aan te pak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’