MIDDELBURG NUUS — Rialize Hayes is sedert 1 Julie die nuwe sekretaresse by die Primêre Skool Karel Theron.
Alle sterkte word haar toegewens in haar nuwe beroep. Hayes was jare lank verbonde aan die Middelburg toerismekantoor.
Sy het gedien op Karel Theron se beheerliggaam en was gereeld behulpsaam by funksie en geldinsamelings soos Ina Paarman-verkope. Hayes is dus al gesout met die skool se doen en late en is verseker ‘n groot aanwins vir Karel Theron se leerders, leerkragte en ouers.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'