GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het verlede week, in baie warm temperature, weer hulle jaarlikse kleureswemgala gehou.
JJ van Schalkwyk, 'n leerder van die skool het sewe swemrekords in die seuns o. 10-afdeling gebreek.
Zenicke van Schalkwyk, ook 'n leerder van die skool, het nes haar broer, sewe rekords in die dogters o. 13-afdeling gebreek.
Die Van Schalkwyks is gevolglik die wenners van die victor- en victrix ludorum-trofeë vir die jaar.
Die Reinetspan het weer koning gekraai met 714 punte in vergelyking met die Rupertspan se 431.
JJ van Schalkwyk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’