GRAAFF-REINET NUUS - Ruan Stroebel het vanjaar by die Hoër Volkskool-familie ingeval.
Hy het sy matriek aan Hoërskool Cradock voltooi. Ná skool het hy as 'n interne student by Laerskool Cradock gewerk terwyl hy deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) onderwys studeer het.
Daarna het hy hom in Queenstown gevestig en by Hoërskool Hangklip begin werk.
Ruan som Graaff-Reinet op as 'n regte plattelandse dorp waar mense nog baie vir mekaar omgee.
Hy sien baie daarna uit om klasse meer opwindend te maak en sodoende leer te bevorder, asook om die skool se sportmanne te help verbeter.
FOTOGALERY: Nuwe onderwysers verwelkom by skole
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'