CRADOCK NUUS - Cradock-gholfklub het onlangs besluit om hulle klubhuis se grasdak oor te doen. Reisigers langs die R390-roete, wat vanaf Cradock na Hofmeyr reis, sal die werksaamhede by die klubhuis dadelik opmerk.
Berge dekgras lê tussen dié roete en die majestueuse klubhuis met sy grasdak, op die wal van die Visrivier.
Vaardige werkers is druk besig om die dak te herdek en dis duidelik dat die ses manne hul werk ken.
Eersdaags spog hulle met 'n nuwe laag gras, nie op die baan nie, maar op die klubhuis se dak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’