KAROO NUUS - Die Nqwebadam se watervlak het sedert verlede Vrydag 12 Mei noemenswaardig gestyg. Volgens die departement van water en sanitasie se webtuiste was die dam voor die reën 31,6% vol.
Die Advertiser het 'n navraag oor die huidige vlak ingestuur en sal lesers op hoogte hou.
Volgens korrespondent, Alex Lombaard van Aberdeen het die massiewe hoeveelheid reën 'n paar plaasdamme en kleiner erosiedamme laat breek.
"‘n Paar boere se gewone plaasroetes na die hoofpaaie was heeltemal onbegaanbaar. 'n Boer in die omgewing het ook gesê dat hy van sy volstruise wat onderdak was verloor het. Infrastruktuur soos paaie, drade en heinings het op vele plase in die slag gebly."
Volgens Lombaard het die Kamdeboorivier twee tot drie dekades gelede so sterk geloop, die presiese jaar is onseker. Van die ouer geslag reken hierdie was selfs erger en onthou soortgelyke weer uit ongeveer 1971.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’