KAROO NUUS - Rommel wat deur morsagtige piekniekgangers langs die Nqwebadam neergegooi word, het klaarblyklik 'n langtermyn rusplek om die dam gevind.
'n Besorgde inwoner, wat gereeld die roete gebruik, het die Advertiser genader om die probleem uit te wys.
Die onooglike vullishoop voortdurend op en is gevaarlik - nie net vir die natuurlewe nie, maar ook vir besoekers.
Die koerant het die probleem aan die munisipaliteit uitgewys en wag vir terugvoer.
Glasbottels lê aan skerwe om die dam - onooglik en gevaarlik!
Vullis rondom die dam hoop op.
Glasbottels lê aan skerwe langs die dam - onooglik en gevaarlik. Foto's: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’