GRAAFF-REINET NUUS - Die nat en stormagtige weer oor die feesseisoen in Graaff-Reinet en omgewing was die kroon op 'n jaar wat gekenmerk is deur bogemiddelde reënval. Gedurende 2023 het Graaff-Reinet altesaam 577,75 mm reën gehad.
Dit is meer as die vorige twee jare toe gemiddeld 556,75 mm in 2022 en 552,5 mm in 2021 gemeet is. Daar vloei steeds water in die Nqwebadam in en die dam staan tans op 52,1%. 'n
Volledige artikel oor die wolkbreuk wat tussen Cradock en Middelburg plaasgevind het, asook 'n berig oor die onlangse reën in Graaff-Reinet, sal hierdie week in die Advertiser verskyn.
Foto: Unsplash
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’