KAROO NUUS - Dit het Maandag 11 Januarie lekker gereën in die Noupoort-omgewing en Elmarie van der Merwe van die plaas Bovlei het Maandagaand 66 mm op hulle plaas gemeet. Leeukopsloot het so sterk geloop dat dit onbegaanbaar was.
In Graaff-Reinet wou die druppels egter nie val nie, al het belowende wolke in die Nqwebadam se opvangsgebied opgebou. Die weerdiens voorspel donderweer vir later vandag, môre en donderdag.
Die reënval in Graaff-Reinet sedert 1 Januarie soos verskaf deur Thinus Ferreira van Graaff-Reinet is as volg:
- 4 Jan - 10 mm
- 5 Jan - 12,5 mm
- 7 Jan - 1,5 mm
- Totale reënval - 24mm
Die pad op Bovlei lyk soos 'n rivier. Foto: Elmarie van der Merwe
Maandag het dramatiese wolke bo die Groot Kerk op Graaff-Reinet gehang. Foto: Corrie van Zyl
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'