KAROO NUUS - Samara-privaat wildsplaas se personeel het 'n basiese noodhulp opleiding-kursus voltooi.
Die opleiding is van 17 to 19 Julie deur Johan Smit, dosent en assessor by die SA Noodhulpliga, aangebied.
Volgens Smit het die opleiding basiese lewensondersteuning ook ingesluit.
"Die studente het die opleiding baie geniet, omrede hulle kennis opgedoen het oor hoe om verskeie noodsituasies te hanteer," het Smit gesê.
Die opleiding het teorie en praktiese kursusse ingesluit.
Onderwerpe soos die behandeling van brandwonde, epileptiese aanvalle, skok, bloeding, frakture, die hantering van ongelukstonele, verstikking, slangbyte, sagte weefsel beserings, asook die menslike anatomie, is aangespreek.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'