GRAAFF-REINET NUUS - Inwoners kan uitsien na nog ‘n heerlike kermis by Huis van de Graaff tehuis vir bejaardes op Saterdag, 3 Maart.
Vanaf 08:00 sal die kuiers begin by die tehuis by 19 Stockenstroomstraat, Graaff-Reinet.
Voorsitter Antoinette Steenkamp vertel meer oor die opwindende aktiwiteite vir die dag:
“Die kosstalletjies gaan heerlike eetgoed verkoop soos pannekoek, worsrolletjies, kerrie en rys, poeding en koek. Kom neem deel aan Bingo en wen 'n prys of kyk watter verassings hou die Tombola-tafel vir jou in.
"Daar sal weer 'n kindertafel wees met lekkernye en spesiale aktiwiteite vir die kleinspan so kom ondersteun ons asseblief!
Verder word daar ook 'n opwindende pretstap vir die oggend gereël wat om 08:00 sal afskop.
Die kermis is ‘n fondinsamelingsprojek ten bate van Huis van de Graaff en word dit juis jaarliks by die tehuis self aangebied sodat die bejaardes kan deel in die pret.
Belangstellendes kan Antoinette Steenkamp skakel by 049 891 0165 om meer inligting te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'