NIEU-BETHESDA NUUS - Die inwoners van Nieu-Bethesda het onlangs afskeid geneem van 'n geliefde inwoner, Tom Swartz.
Tom, gebore 24 Mei 1943 as een van nege kinders, het op 5 Mei 1987 in die huwelik getree met Chrissie van der Merwe. Uit dié huwelik is twee dogters gebore - Bianca en Vicky.
Tom se liefde vir die Karoo het hom 11 jaar gelede 'n erf in Nieu-Bethesda laat koop. Só het hulle 'n huis daarop gebou aanvanklik net vir vakansies. Ongelukkig is Tom vier jaar gelede gediagnoseer met kanker.
Hy en Chrissie het die stadslewe vaarwel geroep en hulle toe op Nieu-Bethesda gevestig. Ieder en elk wat vir Tom geken het, het geweet dat hy lief was vir mense, braai, oneindiggende grappe en verhale.
Waar hy kon help, daar was Tom en natuurlik sy getroue hondjie Twinkles. Vroeër die jaar het Tom se gesondheid skielik afgeneem.
Na 'n kort siekbed is hy op 28 Augustus in 'n hospital in Mosselbaai oorlede. Die gesin bedank graag vir dr. Marais in Graaff-Reinet vir al sy raad en bystand, asook die plaaslike hospies en die personeel van Bayview Life Hospitaal te Mosselbaai.
'n Spesiale word van dank word ook gerig aan ds. Charl du Toit vir al sy besoeke aan Tom en vir die waarneem van die roudiens, so ook vir Elsie wat hom mooi bedags versorg het asook Marlene Malan wat Chrissie bygestaan het in Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethsda, Karoo nuus'