GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Nuwe era vir die NG Kerk het amptelik Vrydagaand, 11 November, begin met die bevestiging van die nuwe dominee, ds. Hendrik Johannes Ekkerd (Johann).
Ekkerd is in die eg verbind met Anèlle en saam het hulle twee kinders, Johann jr. en Anè, wat beide reeds klaar gestudeer en uit die huis uit is.
Ekkerd is al 25 jaar in die bediening en was voorheen vir 11 jaar op Zeerust en 13 jaar by NG Kerk Schweizer-Reneke Noord.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'