Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Tientalle vrywilligers van die NG Grootkerk-gemeente in Graaff-Reinet het verlede Donderdag en Vrydag (27 en 28 Julie), in samewerking met die plaaslike Slagofferondersteuningsentrum en Montego Pet Nutrition, die plaaslike gemeenskap bedien met sop en brood.
Daar is altesaam 500 liter sop deur vlytige hande vroeg verlede week voorberei, waarna dit Donderdag en Vrydag opgewarm is en in 1040 bakkies geskep en saam met ‘n vars broodjie aan minder bevooregtes inwoners uitgedeel is.
‘n Verdere 1 500 toebroodjies is gesmeer en verpak waarna drie spanne deur die loop van Vrydagoggend dit na verskeie vooraf geïdentifiseerde afsetpunte in die Graaff-Reinet-gemeenskap geneem het aan behoeftiges en skole uitgedeel het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'