GRAAFF-REINET NUUS – Twee van Graaff-Reinet se skole-netbalspelers het die kans van ‘n leeftyd om hul talente en vaardighede in Engeland te gaan opskerp.
Lykita Koeberg en Lara du Plessis is vir die uitgesoekte Arthur Johnson Uitnodigingspan gekies wat in September na Engeland gaan toer en teen Engeland se beste o.18 netbalspanne gaan meeding.
Dit het alles vir dié leerlinge van Hoër Volkskool gebeur nadat hulle die afgelope vakansie in die Arthur Johnson Sportweek in Mosselbaai by Hoërskool Punt beïndruk het.
Dit is ‘n groot prestasie vir hierdie Graaff-Reinet meisies om op nasionale vlak erkenning vir hulle passie en harde werk op die netbalbaan te kry.
Dié netbalspelers is wel op soek na borge sodat hulle die toer kan meemaak, aangesien dit baie duur kos.
Dit kos altemins R40 000 per spelers om dié droom te kan realiseer.
“Dit is ‘n groot eer om as die beste speler in jou posisie gekies te word en die skool is geweldig trots op hulle,” meen hul afrigter Henriëtte Malan. “Hoër Volkskool wil dit graag vir hulle ‘n werklikheid maak om dié toer mee te maak.“
Enigeen wat die meisies wil borg, kan donasies in die volgende rekening in deponeer:
- Rekening naam: Hoër Volkskool
- Bank: FNB
- Rekening nommer: 62014287157
- Takkode: 210216.
Donateurs word gevra om asseblief ‘laralykita netbal’ as verwysing te gebruik – donateurs kan anoniem skenk, of 'n POP na finansies@hvsgrt.org.za e-pos.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'