KAROO NUUS - Die jongspan het goed gevaar tydens die Tri the Karoo-driekamp wat op 14 Oktober in Graaff-Reinet plaasgevind het.
Naudé van der Merwe van Laer Volkskool het 'n eerste plek in die seunsafdeling behaal.
Gina Botes ook van Laer Volkskool, Sophia Ott van Laerskool Union en Adriaan Pieterse van Karoo Homeschool het almal saam aan die driekamp deelgeneem en was hulle die enigste gemengde span.
Pieterse het geswem, Botes het fietsgery en Otto het gehardloop. Die kinder-driekampafdeling het uit 'n 150 m-swem, 4 km-fietsry en 1 km-hardloop bestaan.
Van links is Sophia, Gina Botes en Adriaan Pieterse.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’