SEWEWEEKSPOORT NUUS - Die visie van 'n natuurliefhebber, Desmond Sauer(59), het daartoe bygedra dat 'n groep tuinliefhebbers verlede Sondag op Nasionale Tuindag by sy plaas, Waterval EcoStay, bymekaar gekom het om die dag gesellig te vier.
Sauer, afgetrede opvoeder in die Zoar-omgewing, het ook 'n plaaslike skilder, Algernon Kennel, genader om 'n paar van sy skilderye uit te stal wat deur die sowat 50 gaste (van sover as Swellendam en Barrydale) besigtig is.
"Met die naderende Nasionale Tuindag het ek een dag 'n idee gekry om 'n paar mense hier op die plaas bymekaar te kry en net die natuurskoon te geniet en bietjie te ontspan met boeretroos en varsgebak.
"Ek het die idee op my Facebook-blad gelaai en is trots dat die reaksie so goed was," sê Sauer.
'Ons bring jou die nuutste Seweweekspoort, Karoo nuus'