GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Vrydagoggend, 26 Oktober, het Narsingstraat Primêr in Graaff-Reinet hul jaarlikse diplomaplegtigheid gehou.
Tydens dié geleentheid is die skool se top presterende leerders beloon.
Die funksie het by die skool se koshuis plaasgevind waar dit afgeskop het met die oorhandiging van die Graad 1 tot 3-leerders se toekennings, waarna die Graad 4 tot 7-leerders aan die beurt was.
Die skool wil langs hierdie weg graag al die wenners met hul toekennings geluk wens.
Vir gasspreker, Christiaan Goliath, die eerste oud-leerder van die skool wat as onderwyser by die skool aangestel is, was dit 'n baie emosionele geleentheid en moes hy telkemale die trane terugsluk terwyl hy sy inspirerende lewensverhaal met die leerders gedeel het.
Skoolhoof Amos Grootboom saam met die top presteerders in elke graad, Michaela Willemse (Graad 7), Maxshean Matthews (Graad 6), Meeschka Van Der Merwe (Graad 5) en Venique Meyer (Graad 4).
Michaela Willemse is die leerder wat die beste presteer het in Graad 7.
Narsingstraat Primêr se Sportman van die Jaar Ethan Hemp en Nicole Mafeking, Sportvrou van die Jaar.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'